Die Bronz300 sertifikaathouer het die eksklusiewe reg om Hernubare KRAG van Solektrika (Edms) Bpk in 2030 te ontvang. Huishouding wat by Solektrika geregistreer is en in besit is van hierdie Bronz300 sertifikaat is geregtig om krag teen R2.88 / kWh (BTW ingesluit) te kan koop.
VOORWAARDES:
Slegs 2 Miljoen BRONZ300 sertifikate is beskikbaar aan ons Wes-Kaap huishoudings / Besighede.
Minimum Projek Mylpaal :
Die verkoop van 400 000 BRONZ300 sertifikate om die projek te kan aktiveer.
Geen terugbetalings van BRONZ300 krag sertifikate na uitreiking nie.
KOOP SLEGS INDIEN JY DIE RISIKO AANVAAR.
Sukses van die Cape Green Link Projek hang af van die BRONZ300 sertifikaat verkope en die (GRATIS) kragooreenkomste (KAO's) wat onderskryf word deur deelnemers - maksimum 2 Miljoen huishoudings.


Eksklusiewe reg tot die aankoop van bekostigbare Krag in 2030
Exclusive right to buy affordable Power in 2030
Cape Green Link™

Projekhaalbaarheid en -Risiko /
Project Feasibility and Risk
​
1. "Die Cape Green Link™ projek kan voortgaan met 400 000 Bronz300 sertikaat verkope.
​​​​​
​​​​2. Projek sukses en internasionale finansiering word meerendeels gedryf deur Kragaankoop-ooreenkomste (KAO) aan die Kaapse Metro-inwoners, asook goedgesinde munisipaliteite (en selfs huishoudings / besighede elders in die land) wat verseker dat elke inskrywing ons nader bring aan finansiële afsluiting vir die teiken van 800 000 huishoudings en maksimum 2 miljoen huishoudings (Bronz300 sertifikate).
​​​
3. Hierdie KAO kos nie geld vir die wat deelneem nie, (slegs die Bronz300 sertifikate wel) maar demonstreer (krag) aanvraag en is 'n onderneming van individuele huishoudings / besighede ) om hulle krag van Solektrika in 2030 te koop.
​​
4. Bronz300 (R98 eenmalig) is nie-terugbetaalbaar omdat:
Dit dek onomkeerbare kostes soos die aankoop van die geteikende grond (plase), omgewings-inpakstudie (EIA), grond-water-netwerk studies, nodige permitte, hersonering van landbou grond, mega projek ontwerp, regskoste en onvoorsiene uitgawes.
5. Die Bronz300 sertifikaat is 'n "deelnamebewys," en nie 'n belegging nie.
​​​​
6. Solektrika se lewensvatbaarheidsmodel steun swaar op 'n kern-groep van vroeë krag-aannemers om kritieke massa te bou, struikelblokke te oorkom en 'n "energie-krisis in 2030 te voorkom."
​​
7. Konstruksie kan in laat 2028 of 2029 begin, indien alles foutloos verloop.
​
8. Eerste kraglewering rondom Des 2030.
​​
9. Indien Solektrika by Desember 2028 nie daarin kon slaag om die voor-konstruksie vereistes te kon bereik nie - sal die projek herevalueer word en die tydlyn aangepas word.
​​
10. Dit kan beteken ons skuif kraglewering uit na 2032 , maar die projek sal voltooi word.
​
11. Die teendeel is nie onderhandelbaar nie - om weereens in die donker te sit (weens beurtkrag en peperduur Eskom tariewe) en dan is daar nog die beoogde kernkrag fiasko op hande.
​
12. Die Cape Green Link™ kan ons huidige ekonomiese bankrotskap in Suid Afrika in 'n elektriese ekonomie en suiwer welvaart verander. Hierdie projek is ons enigste en laaste geleentheid om krag-vryheid te bewerkstellig en die gety vir ten minste die Wes-Kaap om te draai.
​​​
​​​​​​
"The Cape Green Link™ needs the support of 400 000 Bronz300 households to secure the necessary land, and proceed with project execution.
​​
Financing is driven by Expressions of Interest (EoI) and (PPA) Power Purchase Agreements from Cape Metro residents, companies and good standing Municipalities - ensuring every subscription advances us toward financial closure with targeted support of 800 000 households and maximum 2 000 000 households (Bronz300 certificates)
​
While no project is without risks, our model relies on a core group of early adopters to build critical mass, overcoming obstacles and averting an energy crises in 2030."






